Welkom by die Kalfiefees 2017

June 19, 2016
Kalfiefees-Hermanus

Geagte Kalfiefeesgangers

Dit is voorwaar my eer en voorreg om u as mede-Afrikaners en kultuur liefhebbers na die 17de Kalfiefees in Hermanus te verwelkom. Afrikaans as taal en kultuur-drywer lê my na aan die hart.  Dit is my moedertaal, my denk taal, my hartstaal en my sielstaal.  Dit is die instrument en kultuur wat my van kindsbeen by bly en my op die wandelpaadjie na sukses lei.  Hulle sê Afrikaans is groot, maar ek dra dit saam met my waar ookal ek mag gaan. Dit is met hierdie uitgangspunt dat ek al die geesdriftige Kalfiefees-ondersteuners ‘n aangename en verreikende ervaring toewens. Ek […]
June 18, 2016
Kalfiefees-Hermanus

Welkom Kalfiefees Vriende

Die Vrou  –  AG Visser Die vrou is die sout van die aarde, Die suurdeeg, beskou op die keper: Al hoër rys sy in waarde: Sy’s beide die sout en …..die peper! Die sewentiende jaar van die Kalfiefees begin op Vrouedag 9 Augustus 2017. Ons vier ook die aankoms van die Walviskalfies waaruit ons fees se naam ontstaan het. Gestand aan die reputasie van die Kalfiefees kan ons weereens uitsien na top gehalte teater, met dramas en komedies, musiek en kinderproduksies. Die Vrouedag-aanbieding gaan n hoogtepunt wees op Vrouedag. Ons besprekingsprogram behoort in die onstuimige politieke toestande dramaties te wees […]
June 18, 2016
Refentse

Gala-aand (openingsaand) met Refentse Morake (Musiek)

Dit is met trots dat ons Kalfiefees 2017 met die bekende en uiters gewilde sanger, Refentse Morake, kan open! Hierdie kunstenaar met die besonderse diep, warm stem het die afgelope jaar in die harte van menige Kunstefeesganger en musiekliefhebber geklim.  As wenner van 4 Ghoema-toekennings vanjaar en met die verskeidenheid van musiek wat hy na die verhoog bring, veral Afrikaanse musiek, is hierdie ‘n geleentheid om nie te mis nie! Do 10 Aug 19:00 Sandbaaisaal –  80 min –  R180  (Wyn ingesluit)  
June 10, 2016
Hermanus-Kalfiefees

Wildekrans Rotary MTB Adventure (Afrikaans)

Die Wildekrans-Rotary MTB Adventure vind plaas op Saterdag 12 Augustus 2017. Dié aktiwiteit word vanaf vanjaar ingesluit by die program van die Hermanus Times Kalfiefees. Dit word georganiseer deur die Rotary Klub van Hermanus in samewerking met die welbekende Wildekrans Estate in Botrivier. Die opbrengs van die geleentheid sal uitsluitlik gebruik word vir die verdere ondersteuning van die liefdadigheidsorganisasies wat deur die Rotary Klub van Hermanus ondersteun word. Die doel van hierdie  aktiwiteit is om ‘n nie- te-mededingende bergfietsgeleentheid van 35 kilometer vir entoesiaste aan te bied. Die roete is ‘n unieke roete op Wildekrans wat ‘n ongelooflike pad deur […]