Welkom Kalfiefees Vriende

Refentse
Gala-aand (openingsaand) met Refentse Morake (Musiek)
June 18, 2016
Kalfiefees-Hermanus
Geagte Kalfiefeesgangers
June 19, 2016

Welkom Kalfiefees Vriende

Kalfiefees-Hermanus

Die Vrou  –  AG Visser
Die vrou is die sout van die aarde,
Die suurdeeg, beskou op die keper:
Al hoër rys sy in waarde:
Sy’s beide die sout en …..die peper!

Die sewentiende jaar van die Kalfiefees begin op Vrouedag 9 Augustus 2017. Ons vier ook die aankoms van die Walviskalfies waaruit ons fees se naam ontstaan het.

Gestand aan die reputasie van die Kalfiefees kan ons weereens uitsien na top gehalte teater, met dramas en komedies, musiek en kinderproduksies. Die Vrouedag-aanbieding gaan n hoogtepunt wees op Vrouedag. Ons besprekingsprogram behoort in die onstuimige politieke toestande dramaties te wees met die bekende Dr Piet Croukamp. Dan is daar ook die Rotariërs Wildekrans bergfietsren en die manne wat omgee se fondsinsamelings-pretloop.

Sonder ons lojale borge kan hierdie fees nie plaasvind nie en ons gee erkenning aan elke borg, of dit finansieël is, gaste-akkommodasie of net geskenkies om ons vrouens te bederf op Vrouedag. Baie dankie – die Kalfiefees is dankbaar om elkeen as vennoot te hê in hierdie suksesverhaal.

Aan ons lojale Kalfiefeesvriende, ons sien uit daarna om weer te ontmoet. Die kuiertent langs die De Wetsaal is die fees se hart, kom geniet iets om te eet en te drink en om verder bande te smee met ou en nuwe vriende.

Dan ook weer aan hierdie klein komitee van die Kalfiefees wat al hierdie beplanning en werk doen om van hierdie fees n sukses te maak, ek is trots op julle …..wat n span!

Dis ook met leedwese wat ons afskeid neem van Adriaan van Niekerk, rus in vrede.
Ons nooi u uit om die fees saam met ons te geniet.

Jimmy Hattingh
Voorsitter Kalfiefees