Jan en die Boontjierank (Kinders)

Noord Kaap
Nêrens, Noord-Kaap (Drama)
June 13, 2016
Marno_Hykie_Paul
Vrouedagviering met Hykie Berg en Marno van der Merwe
June 13, 2016

Jan en die Boontjierank (Kinders)

Jan en die Boontjierank

“Elke masker het ’n storie
wat jou kan help, o ja, gedorie,
om bietjie beter te besluit
wanneer jy moet in of uit!”

Só sing Isisombululo, die storie-vertellende reisiger by wie Jan vier vreemde boontjies kry in ruil vir hulle koei, Melkmeisie. Maar sal dit hom en sy ma ooit kan help oorleef nadat Burgemeester Boe sy ma se werk as groentetuin-tuinier afgeskaf het? Veral aangesien niemand nog ooit vir Boe gesien het nie, en hy niemand in sy kasteel-huis toelaat nie. Boonop word daar vertel dat hy ’n reus is! Dalk kan Liefie hom help…

Story Team se verwerking van die klassieke sprokie is in’n vars, trots Suid-Afrikaanse konteks geskryf, spesiaal vir ’n gehoor van ses tot dertien jariges. Met Celeste Slabber-Loriston, Marhette van Huyssteen, Zizo Ngqwane en Felicity Tobias.

Masker deur Nkosinathi Thomas Ngulube van Thomarts Gallery in Kaapstad.
teks Marhette van Huyssteen

Wo 9 Aug 15:00  en Sa 12 Aug 16:00
De Wetsaal  –  45 min  –  R50

Booking_Button