Die Vrou – AG Visser Die vrou is die sout van die aarde, Die suurdeeg, beskou op die keper: Al hoër rys sy in waarde: Sy’s beide die sout en …..die peper! Die sewentiende jaar van die Kalfiefees begin op Vrouedag 9 Augustus 2017. Ons vier ook die aankoms van die Walviskalfies waaruit ons fees se naam ontstaan het. Gestand aan die reputasie van die Kalfiefees kan ons weereens uitsien na top gehalte teater, met dramas en komedies, musiek en kinderproduksies. Die Vrouedag-aanbieding gaan n hoogtepunt wees op Vrouedag. Ons besprekingsprogram behoort in die onstuimige politieke toestande dramaties te wees […]