Drie broers word groot in Nêrens, ‘n weggooidorpie diep in die hart van die Kalahari. Kleintyd was hulle onafskeidbaar, maar het deur die jare verder en verder uitmekaar gedryf. Nou, teen hulle sin, moet hulle mekaar weer sien op die plaas wat hulle agtergelaat het. Dié nuwe stuk deur Nico Scheepers is ‘n teëstuk vir sy uiters geslaagde Amper, Vrystaat. Met De Klerk Oelofse, Geon Nel en Albert Pretorius Teks en Regie – Nico Scheepers Sa 12 Aug 10:00 en 13:00 Burgersentrum – 65 min – R120 Geen 0/16