Drama

June 13, 2016
Noord Kaap

Nêrens, Noord-Kaap (Drama)

Drie broers word groot in Nêrens, ‘n weggooidorpie diep in die hart van die Kalahari.  Kleintyd was hulle onafskeidbaar, maar het deur die jare verder en verder uitmekaar gedryf. Nou, teen hulle sin, moet hulle mekaar weer sien op die plaas wat hulle agtergelaat het. Dié nuwe stuk deur Nico Scheepers is ‘n teëstuk vir sy uiters geslaagde Amper, Vrystaat. Met De Klerk Oelofse, Geon Nel en Albert Pretorius Teks en Regie –  Nico Scheepers Sa 12 Aug 10:00 en 13:00 Burgersentrum –  65 min  –  R120 Geen 0/16
June 13, 2016
Moedertaal

Moedertaal (Drama)

Na die ongelooflike sukses van Die naaimasjien en Oskar en die pienk tannie keer Sandra Prinsloo terug in ’n nuwe solo-vertoning, Moedertaal, ’n beeldskone verhaal van deernis, liefde en Afrikaans, uit die pen van Nico Scheepers.  Om jou gesin te oorleef is die grootste hartseer. met Sandra Prinsloo Teks en Regie – Nico Scheepers Sa 12 Aug 17:00 en 20:00 Burgersentrum – 80 min – R130 Geen 0/12
June 13, 2016
Die ontelbare 48

Die Ontelbare 48 (Drama/Komedie)

Dis Woensdagaand op ‘n dorpie in die Laeveld en tyd vir die maandelikse fliekaand. Wessel Pretorius stel ons bekend aan vier van die 48 dorpenaars wat bymekaar kom om The Sound of Music te kyk. Dié satiriese drama vier die mens se uithouvermoë en kyk na ons menslikheid wat almal – ongeag hoe anders elkeen dink of leef – saambind. met Wessel Pretorius Teks en regie Wessel Pretorius So 13 Aug 11:30 Sandbaaisaal  –  70 min  –  R120 Geen 0/16
June 23, 2015
Hond

Hond (Drama)

‘n Hond is ‘n man se beste vriend, veral wanneer sy huwelik maar wankelrig is en dit beslis nie sy vrou is wat hom by wyse van spreke stertswaaiend by die huis inwag nie. Maar wat gebeur as die hond oud en siek word: Moet hy uitgesit word? En wanneer? Hond is soms hartseer, en soms snaaks, nes die lewe. met Frank Opperman Teks – Dana Snyman Regie – Gerrit Schoonhoven Sat 12 Aug 13:00 Sandbaaisaal  – 80 min –  R110 Geen 0/14  
June 23, 2015
immortal

Immortal (Drama)

1911. A train crossing Blaawkrantz Bridge derails and dozens of people plunge to their death. Six-year-old Hazel is caught by the girders and survives. This is her story – but it’s also the story of timeless spirits and ancient conflicts.  Where was God that day? with Jenna Dunster Text – Peter Terry Director – Chris Weare Sun 13 Aug 10:00 Civic Centre – 60 min – R110
June 17, 2015
drought

Drought (Drama)

Let’s Communicate presents an exploration of the senses. See, Listen, Experience…as these local young actors combine poetry, movement and drama to create a very relevant theatrical piece. Director – Elenoré Wilson Sa 12 Aug – 19:00 De Wet Hall – 60 min – R100