Kinderopvoerings

June 13, 2016
Jan en die Boontjierank

Jan en die Boontjierank (Kinders)

“Elke masker het ’n storie wat jou kan help, o ja, gedorie, om bietjie beter te besluit wanneer jy moet in of uit!” Só sing Isisombululo, die storie-vertellende reisiger by wie Jan vier vreemde boontjies kry in ruil vir hulle koei, Melkmeisie. Maar sal dit hom en sy ma ooit kan help oorleef nadat Burgemeester Boe sy ma se werk as groentetuin-tuinier afgeskaf het? Veral aangesien niemand nog ooit vir Boe gesien het nie, en hy niemand in sy kasteel-huis toelaat nie. Boonop word daar vertel dat hy ’n reus is! Dalk kan Liefie hom help… Story Team se verwerking […]