Trou is nie perde koop nie, veral nie as MA gedurig inmeng nie. Vra maar vir Calvin Plaatjies, ‘n huweliksberader. Sy vrou, Mia, reken ongenooide gaste is onwelkom, maar is MA regtig ongenooid? Die vonke spat behoorlike tussen die twee wyfies!! So erg dat….. kom kyk of Calvin die gevaartekens in sy eie huwelik kan raaksien wat MOEDER veroorsaak. Ma reken hy kan altyd n ander vrou kry, maar nie ‘n ander MA nie of is dit dalk anders om? Met Melanthea Hess, Bjorgan Arendse, Natasha Steneveld, Nelmarie Jooste en Helen Swartz Seabreeze Productions So 13 Aug 13:00 De Wetsaal – 60 min – R100