Komedies

June 11, 2016
Magda Louw

Magda Louw (Komedie)

Iewers tussen haar herfs- en winterjare sit Magda Louw met leë nes-, menopouse- en oortollige middelrif-sindroom.  Almal het al ‘n Magda ontmoet en liefgekry, of loop haar dalk self soggens in die spieël raak.  In dié opvoering neem sy ons saam op ‘n besoek aan die ginekoloog.  Sy weet hoe om te lag, ondanks die bittere feite van oud word, eensaamheid en bleddie skaal wat nie wil toegee nie. met Desiré Gardner Regie –  Hannes van Wyk Vr 11 Aug 20:00 en Sa 12 Aug 13:00 De Wetsaal  –  50 min  –  R110
June 23, 2015
Ooms

Ooms (Komedie)

Tobie Cronjé en Gerben Kamper is twee knorrige Ooms wat tot hul spyt saam in ‘n ouetehuis beland. Maar hierdie is nie ʼn gewone ouetehuis nie, dis eerder ʼn tipe verbeteringskool vir skatryk oues wat lastig geword het of uit ander instansies geskors is. Die tehuis is op ʼn luukse landgoed iewers in die Kaap langs die see. Dit is omhein soos ʼn tronk met wagte en selfs honde. Al manier hoe jy ‘vrywillig’ uit Huis Phoenix uitkom, is in ʼn doodskis. Pierre (Tobie Cronjé) is al ʼn hele ruk hier en het ʼn paar keer al probeer ontsnap. Hy […]
June 23, 2015
Fortyfied

Fortyfied (Comedy)

Fortyfied explores a variety of subjects. There will be stories, there will be accents and – it will be funny, which is all you really have to know. Historically speaking, most of you will enjoy it very much, a small minority will hate it, and yet another small minority will love it so much you’ll want to give a standing ovation but feel too awkward to do so. To the latter, we urge you to overcome your fears before attending the show, remember – standing ovations don’t start themselves. with Nik Rabinowitz Sa 12 Aug 10:00 Sandbaai Hall – 80 […]
June 23, 2015
Holm in die huis

Ag, ek val sommer met die Holm in die huis (Komedie)

Hierdie produksie is Marion Holm en Chris Vorster se negende haas wat hulle uit die hoed ruk. [En géén haas is beseer tydens die proses van uitruk en op die planke bring nie.] Dit is Holm se 14de eenvrouvertoning en hierdie keer praat sy vir ‘n slag nie nét bog nie, nee-heeee … hierdie keer gesels sy oor die feit dat géén mens se lewe immuun is teen pyn nie … maak nie saak hóé ryk of mooi of maer jy is nie. Sy klets oor prettighede soos siektes, ouderdom, swaarkry en leed – sonder enige lewenservaring, maar met baie […]
June 23, 2015
Strooijonker

Strooijonker (Komedie)

Strooijonker is ‘n desperate poging deur Lukas Basson om ‘n strooijonkertoespraak by sy beste vriend, Jean Vorster, se troue te maak.  Maar Lukas is nog al die jare verlief op Jean se bruid, Cheryl Liebenberg, ‘n ou skoolvriendin.  Die kombinasie van hoë emosie en gratis vonkelwyn is net een te veel vir dié stomme man.  Hy raak gou die pad byster en voor hy kan keer, bevind hy hom kniediep in die Vorsters, die Liebermans en sy eie vuil wasgoed – ten aanskoue van die geskokte trougeselskap. Niksvermoedende lede van die gehoor word gou uitgeken as onder andere Jean, Cheryl, […]
June 12, 2015
Ma Mia!

Ma Mia! (Komedie)

Trou is nie perde koop nie, veral nie as MA gedurig inmeng nie.  Vra maar vir Calvin Plaatjies, ‘n huweliksberader.  Sy vrou, Mia, reken ongenooide gaste is onwelkom, maar is MA regtig  ongenooid?  Die vonke spat behoorlike  tussen  die twee wyfies!!  So erg dat….. kom kyk of  Calvin die gevaartekens  in sy  eie  huwelik kan raaksien wat MOEDER  veroorsaak.  Ma reken hy kan altyd  n  ander  vrou kry, maar nie ‘n ander MA nie of is dit dalk anders om? Met Melanthea Hess, Bjorgan Arendse, Natasha Steneveld, Nelmarie Jooste en Helen Swartz Seabreeze Productions So 13 Aug 13:00 De Wetsaal – 60 min – R100
June 12, 2015
Die Buite-egtelike Ouma

Die Buite-egtelike Ouma (Komedie)

‘n Jong tandarts, dr. “Tanne”, is ‘n rokjagter soos min –  anders as sy buurman en vriend, dr. Koos Knuppel, wie se waarskuwings op dowe ore val. En toe is daar inderdaad  “die  glips” waarop dr. Tanne nie gereken het nie en hy sit met ‘n pienkvoet. Om alles te kroon daag sy Ma onverwags op om haar bedorwe seun te kom vertroetel. Nico Lewes is bekend vir sy komedies en hierdie een stel glad nie teleur nie. Met Bjorgen Arendse en Helen Swartz in die hoofrolle en Ray Schoombee as regisseuse sal die gehoor nie sonder ‘n glimlag huis […]