KAAP, MZANSI & BEYOND Hierdie produksie het ‘n sterk eg-Kaapse inslag, met besoeke ook aan die res van ons land en daarbuite. Verskeie opdragverwerkings word vir die eerste maal uitgevoer, waaronder ‘n District 6: The Musical medley deur Camillo Lombard, Pacific Express se I Hear Music deur Ramon Alexander, die eietydse gesang In Christ Alone deur Gerhard Niemand,asook Amanda Strydom se Ek Loop Die Pad en Joshua na die reën se Lig Op Die Horison deur Melissa van der Spuy. Daarbenewens word ‘n aantal a cappella motette , onder andere And The Mother Did Weep , van die Walliese komponis […]