Musiek

June 18, 2016
Refentse

Gala-aand (openingsaand) met Refentse Morake (Musiek)

Dit is met trots dat ons Kalfiefees 2017 met die bekende en uiters gewilde sanger, Refentse Morake, kan open! Hierdie kunstenaar met die besonderse diep, warm stem het die afgelope jaar in die harte van menige Kunstefeesganger en musiekliefhebber geklim.  As wenner van 4 Ghoema-toekennings vanjaar en met die verskeidenheid van musiek wat hy na die verhoog bring, veral Afrikaanse musiek, is hierdie ‘n geleentheid om nie te mis nie! Do 10 Aug 19:00 Sandbaaisaal –  80 min –  R180  (Wyn ingesluit)  
June 12, 2016
Leon Gropp

Rooidag (Musiek)

Een van die lede van die bekende kitaarduo CH2, Leon Gropp, bied hierdie jaar vir die eerste keer ‘n solo-vertoning “Rooidag” aan.  Hierdie nuut-gekomponeerde musiek deur Gropp self, met toonsettings van gedigte van NP van Wyk Louw, is ‘n ervaring van hoogstaande musikaliteit verweef met besonderse talent om te beleef.  Uit die mond van die kunstenaar self: Ek sal altyd poog om betekenisvolle inhoud te skep deur my musiek. Om kuns te kan/mag skep deur musiek is myns insiens ‘n massiewe voorreg, en dit mag nie toegesmeer of vervuil word deur kunsmatige intensies nie. So 13 Aug 13:00 Burgersentrum  –  […]
June 18, 2015
Coenie de Villiers

Coenie de Villiers (Musiek)

Hierdie uiters gewilde sanger kom maak vanjaar vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer ‘n draai by Kalfiefees 2017.  As liriekskrywer en musikant is daar nooit ‘n droogte aan nuwe en innoverende musiek in sy optredes nie soos wat sy pas voltooide CD “Emoji” van kan getuig.  Hy geniet dit om met Afrikaanse lirieke te speel in sy musiek maar bind homself nie net aan een genre nie.  As bekende kunstenaar by verskeie Kunstefeeste is ons besonder trots om hom ook as musikant vanjaar by die Kalfiefees terug te verwelkom. Sa 12 Aug 16:00 Sandbaaisaal  –  60 […]
June 17, 2015
Droom Martha Droom

Droom Martha Droom (Musiek)

Ons is bevoorreg om vanjaar weer die unieke stem en pragtige musiek uit die pen van Koos van der Merwe terug te bring Kalfiefees toe.  Met die nuwe album, Droom Martha, Droom bring die kunstenaar meestal sy eie werke en ‘n paar nuwe Leonard Cohen vertalings na die verhoog. Hierdie is ‘n musiekervaring wat jy nie moet misloop nie. Wo 9 Aug 20:00 Burgersentrum  –   60 min  –   R120  
June 17, 2015
Kaap Mzansi & Beyond

Die Stellenbosch Libertaskoor olv Johan de Villiers (Musiek)

KAAP, MZANSI & BEYOND Hierdie produksie het ‘n sterk eg-Kaapse inslag, met besoeke ook aan die res van ons land en daarbuite. Verskeie opdragverwerkings word vir die eerste maal uitgevoer, waaronder ‘n District 6: The Musical medley deur Camillo Lombard, Pacific Express se I Hear Music deur Ramon Alexander, die eietydse gesang In Christ Alone deur Gerhard Niemand,asook Amanda Strydom se Ek Loop Die Pad en Joshua na die reën se Lig Op Die Horison deur Melissa van der Spuy. Daarbenewens word ‘n aantal a cappella motette , onder andere And The Mother Did Weep , van die Walliese komponis […]
June 17, 2015
Radio Kalahari Orkes

RADIO KALAHARI ORKES (Musiek)

The Radio Kalahari orchestra (Music) “‘n Honderd jaar agter die tye – maar steeds op die spoor” Direk van Slangfontein, Suid-Afrika, is die RADIO KALAHARI ORKES die orkes van die legendariese Radio Kalahari in Slangfontein, ‘n plek waarvan ons nie seker is of dit werklik bestaan nie, behalwe dat dit diep in die Kalahari lê.  Dit is ‘n plek waar jy in jou gedagtes kan gaan, ‘n mitiese alternatiewe wêreld waar jy kan wees wat jy wil wees. Dit is ‘n bietjie “crazy” en onverklaarbaar. RADIO KALAHARI ORKES is ‘n orkes wat in die verlede rondsoek vir inspirasie. Terwyl die […]